, , , ,

Sommerskos op die tafel met Marita van der Vyver

Life-in-the-South-ICON

Om die tafel met Marita van der Vyver, is ‘n droom onderhoud wat ‘n werklikheid geword het vir my. Nie net is sy ‘n ikoniese skrywer nie, maar sommer ‘n bobaas kook ook. Somerkos in Provence is sowaar net ‘n voorsmakie van haar “creme de la creme” lewe in Frankryk. Ek het behoorlik gesmul toe ek deur haar Somerkos in Provence kosboek blaai en ek kon nie wag om elke resep te probeer nie.

Ek onthou hoe ek Hanna hoekom verslind het op hoërskool, net soos al haar ander leesstukke is dit moeilik om die een neer te sit. Gelukkig vir my is Provence om die draai en ek het sommer heel voorbarig Marita gemail en gevra om ‘n paar vrae te andwoord oor haar “la vie” in Frankryk. Asook deel ek ‘n paar van haar resepte wat uit haar Somerkos in Provence kookboek te vind is. Lees meer hieronder!

 

 “Op dié manier sien ek altyd die wyer prentjie – en dis ‘n groot voordeel, vir my as skrywer, maar ook net as doodgewone mens.”

 

Marita, Jou lewe is ‘n groot inspirasie vir baie Suid-Afrikaanse vrouens.

Wat sal jy sê het jy die meeste geleer om in Frankryk te bly?
Ek het geleer dat daar altyd meer as een kant aan elke saak is. As my vriende in SA so kla oor stakings, en ek vertel hulle hoe aanmekaar die Franse staak, kan hulle my nie glo nie. Frankryk is ‘n wonderlike land om in te lewe, maar dit het ook sy probleme, dis lank nog nie die paradys nie. Nes SA ook, ondanks al sy probleme, ‘n wonderlike land bly. As ek in SA kom, kan ek alles wat daar gebeur met my ‘Franse bril’ bekyk – en in Frankryk bekyk ek weer die probleme en die plesiere met my SA bril. Op dié manier sien ek altyd die wyer prentjie – en dis ‘n groot voordeel, vir my as skrywer, maar ook net as doodgewone mens.

 

Hoe dink jy het die kultuur jou lewenswyse/lewenstyl verander, goed en sleg?
My lewenswyse het beslis verbeter. Nie net omdat ek in Frankryk woon nie, maar dalk nog meer omdat ek in die Franse platteland woon. My stresvlakke is veel laer as wat dit ooit in SA was! Ek het geleer om rustig te wees, tydsaam kos te maak, langsaam te eet. Die hele ‘kultuur van kos’ in Frankryk het my lewe ongelooflik verryk. En die waardering van my Franse vriende vir goeie rolprente – nie net Amerikaanse block busters nie – en duursame klere en intellligente geselskap en kuns-as-deel-van-die-alledaagse-lewe, al hierdie dinge verryk my steeds.

 

Wat mis jy van Suid Afrika?
Vriende wat ek al van my jeugdae af ken. Vriende saam met wie ek so ‘n lang pad gestap het, dat ek nooit enigiets vir hulle hoef te verduidelik nie. Ons het ‘n gedeelde verwysingsveld. Ons lag vir dieselfde grappe. En dan mis ek om Afrikaans rondom my te hoor, in kafees en op straat. En natuurlik sekere kosdinge wat ek nie in Frankryk kan kry nie, soos volkoringbeskuit om in my koffie te dompel. En papaja en koejawels en koeksisters.

 

Hoe het jy jou liefde vir kosmaak ondek en ontwikkel?
Ek her verlief geraak op ‘n Fransman wat glo die pad na ‘n vrou se hart loop deur haar maag! So eenvoudig soos dit. Voor ek vir Alain leer ken het, was ek senuagtig as ek mense moet onthaal. Ek sou altyd eerder ‘n lekker boek lees as om ure lank kos te maak. Nou verkies ek steeds ‘n lekker boek bo omtrent enigiets anders, maar dis tog groot pret om saam met hom kos te maak. en nog groter pret om saam met hom te eet.


Waar vind jy die inspirasie vir jou skryfkuns?
Inspirasie is oral om ons, in die mees alledaagse dinge – ons moet net leer om dit raak te sien. As jy al so lank skryf soos ek, word dit ‘n ‘state of mind’. Jy sien moontlike stories in alles wat met jou gebeur, in enigiets wat jy oor die radio hoor of in die koerant lees. 

 

Sou jy jou lewe anders kon insien as jy nie in Frankryk gebly het nie?
Dis amper onvoorstelbaar, want dan sou my 17-jarige Frans-Afrikaanse dogter nie hier gewees het nie. Ek sou seker steeds ‘n goeie lewe in SA kon gelei het, maar as ek dink aan alles wat ek sou gemis het… Sjoe!

 

Meer oor Marita

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het ‘n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ‘n sprokie, in 1992 ‘n blitsverkoper en ‘n literêre sensasie word. Die boek is bekroon met drie van die mees gesogte literêre pryse in Suid-Afrika: die M-Net, die ATKV en die Eugène Marais. Sedertdien het sy ‘n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met ‘n tiental romans, ‘n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen, asook ‘n internasionale studiebeurs van die SA Stigting vir Skeppende Kunste, en in 1997 is sy genooi om deel te neem aan die bekende International Writers Program van die Universiteit van Iowa in die VSA. Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf ‘n sprokie in sowat ‘n dosyn tale gepubliseer is. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon op ‘n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het 3 seuns en ‘n dogter.

Vir haar website kliek hier

 

 

Resepte

Somerkos in Provence resepte

0
Voorbereidingstyd
0
Kooktyd
Bedien 0
4 Mense
Life-in-the-South-ICON

Polenta Sud

Bestandele

  • 1k kitspolenta
  • knypie fyn saffraan
  • 1 e botter
  • 3 e parmesaankaas
  • 6 Tamaties
  • 3 geel soetrissies
  • 3 eiervrugte
  • Olyfolie
  • Meel
  • Basilieblare
  • Sout en vars gemaalde peper

Metode

  1. Kook 2 2/2 k water en voeg die koppie polenta, knypie sout en saffraan by. Klits terwyl dit bygevoeg word om klonte te voorkom.
  2. Hou aan om te roer en voeg dan die parmesaan en botter by, as die polenta die tekstuur van dik pap het, is dit gereed om in ‘n redhoekige oondpan ingeskep te word.
  3. Maak seker die bak wat gekies word nie hoër as 2cm is nie, plaas in die yskas om te stol.
  4. Plaas die tamaties in ‘n oondbak, (sny in kwart as dit nie kersietamaties is nie en verwyder die pitte)  sprinkel met sout, peper en olyfolie en laat dit vir 25min teen 160°C bak.
  5. Haal uit die polenta en sny in blokkies. Plaas onder die oondrooster om bokant bros te word.
  6. Smeer op die pesto en plaas die tamaties bo op, sprinkel extra parmesaan bo op en bedien teen kamertemperatuur.

 

Ek het nie die soetrissie, eiervrug en die tuisgemaakte persto bygevoeg nie, maar dit ‘n wonderlike byvoegging vir die gereg.

  1. Sny die geel en rooi soetrissies op en sprinkel sout, peper en olyf olie oor. Bak tot swart blase vorm en verwyder. Plaas in ‘n plastiese sakkie vir tien minute om te sweet. Dit sal verseker dat die skille maklik afgetrek kan word.
  2. Skil die eiervrug, sny in lengte skywe, plaas in ‘n vergiettes en sprinkel sout oor. Laat staan vir halfuur en droog af met handdoek paper. Vryf met mee, sout en peper en braai in olyfolie tot gaar.
  3. Plaas die soetrissies, eiervrug vars basillie blare, pesto en die tamaties op die polenta.

Aspersies onder komberse

Bestandele

  • 24 groen aspersies
  • 300ml vloeibare room
  • 200ml hoenderaftreksel
  • vars neutmaskaat
  • 4 snye gerookte ham
  • 125g gerasperede kaas
  • Sout en peper

Metode

  1. Knak die harde kant van die aspersies af en skeer die onderste 5 cm met ‘n aartappelskiller .
  2. Kook genoeg gesoute water om die aspersies te bedek vir sowat tien minute tot dit sag maar nog ferm is. Dreineer en plaas eenkant.
  3. Kook die room en hoenderaftreksel saam tot dit halfpad verminder is. Voeg sout, peper en neutmaskaat by en verwyder van die hitte.
  4. Verdeel die aspersies in vie porsies, vou die bondels toe met die stukke ham en en plaas in oondvaste skottel. Skink die roommengsel oor, bestrooi met gerasperde kaas en bak vir ongeveer 20-25 minute teen 200°C.
  5. Ek het ‘n paar teelepels creme fresh bygevoeg toe ek die dis bedien het.

Die gereg is ‘n een van my resepte wat Marita my laat inspireer het om te skep wat perfek gepas was saam met die smaaklike bygeregte.

Heuning Mostert Salm

Bestandele

  • 1 groot Salm filet of vier klein filette
  • olyfolie
  • 1/3 k mostert
  • 1/3 k heuning
  • Sout en pepper

 

Botterskorsie chutney

  • 2 k Botterskorsie
  • 1/2 k bruinsuiker
  • 1/3 k appelasyn
  • 1/2 tlp komyn
  • 1/2 tlp paprika
  • 1/2 tlp fyn gemmer poeier
  • kippie rissie poeier
  • Sout en peper

Metode

  1. Verhit ‘n pan met olyfolie terwyl jy die sous aanmaak vir die salm fillet.
  2. Meng saam die mostert en heuning. Bedek die fillet daarmee en as die plaat reg is, plaas die salm fillet daarin. Braai vir ongeveer 5-6 minute aan ‘n kant tot bruin.
  3. Plaas die botterskorsie en die res van die chutney bestandele in ‘n kastrol. Laat dit kook vir ongeveer veertig minute tot ‘n uur.
  4. Laat die chutney afkoel in die yskas voor dit saam met die salm bedien word.

Rooivrugte-verrassing

Bestandele

  • 500g gemengde rooi vrugte (aarbeie, frambose, kersies, bloubessies ens)
  • 2 e bruinsuiker
  • 2 e balsamiese asyn
  • Enkele swartpeperkorrels
  • Mint blare

Metode

  1. Meng die bruinsuiker, balsamiese asyn en peperkorrels en voeg dit by die rooivrugte. Wees versigtig, want sommige rooi vrugte soos frambose kneus maklik.
  2. Versier met mintblare. (Ek het so biekie room oor die vrugtemengsel gegooi wat ook baie lekker gewerk het).

Ek is so geinspireerd om meer die Franse kultuur deel te maak van my daaglikse lewe. Om die markies en tuislike produkte ten volle gebruik van te maak en so my disse meer op te kikker. Vir meer oor Somerkos in Provence en ander leesstukke van Marita, kliek hier.

Life-in-the-South-ICON

Photo Gallery