Sommerskos op die tafel met Marita van der Vyver

Om die tafel met Marita van der Vyver, is ‘n droom onderhoud wat ‘n werklikheid geword het vir my. Nie net is sy ‘n ikoniese skrywer nie, maar sommer ‘n bobaas kook ook. Somerkos in Provence is sowaar net ‘n voorsmakie van die “creme de la creme” lewe van Marita van der Vyver in Frankryk. Ek het behoorlik gesmul toe ek deur haar Somerkos in Provence kosboek blaai en ek kon nie wag om elke resep te probeer nie.