,

Newbies in Frankryk

unnamed-4

Newbies in Frankryk 

Elke nuwe huwelik is vars en opwindend, maar neem jouself voor om die lewensfase te begin in ‘n vreemde land waar jong getroudes selde gevind word. Jy voel soos ‘n dryfende skip opsoek na land net om jouself te kan anker. Sommiges is meer voordelig as ander, maar dit is ook hoe jou lewensuitkyk op die nuwe avontuur is op die oueinde van die dag, wat gaan bepaal hoe jy elke dag gaan ervaar. Jou man is jou beste vriend en so te meer forseer omstandighede dat die band onbreekbaar word. Mia Sadie vertel vir ons biekie meer van haar ondervinding in Agen, Frankryk, as ‘n newbie in die take van huisvrou wees.

Elke nuwe huwelik is vars en opwindend, maar neem jouself voor om die lewensfase te begin in ‘n vreemde land waar jong getroudes selde gevind word. Jy voel soos ‘n dryfende skip opsoek na land net om jouself te kan anker. Sommiges is meer voordelig as ander, maar dit is ook hoe jou lewensuitkyk op die nuwe avontuur is op die oueinde van die dag, wat gaan bepaal hoe jy elke dag gaan ervaar. Jou man is jou beste vriend en so te meer forseer omstandighede dat die band onbreekbaar word. Mia Sadie vertel vir ons biekie meer van haar ondervinding in Agen, Frankryk,  as ‘n newbie in die take van huisvrou wees.

unnamed-7

“Om as pasgetroudes in ‘n vreemde land te kom bly, sonder enige iemand wat jy ken en niks wat bekend is nie, is ‘n groot uitdaging. Mens moet gou in ‘n roetine kom en mekaar se maniertjies vinnig leer ken om so gou as moontlik tuis te kan voel in jou eie huis.”

Ons het 4 maande voor ons troue Frankryk toe getrek. In Julie 2015 het Agen ons nuwe huis geword, dit is ‘n kleinerige dorpie in die Suide van Frankryk. Ons was geseënd met twee ongelooflike vriende van SA wat ons genooi het om vir die eerste maand by hulle te bly tot ons ons eie blyplek kry. Hulle woon al 6-jaar in Frankryk en hulle het ons baie gehelp om vinnig ons voete hier te vind.

Die mense in Agen kan nie regtig Engels praat nie. Jy sal 1 uit 10 mense kry wat ‘n paar Engelse woorde kan sê. Hulle raak wel amper nooit onbeskof as hulle hoor jy is Engels nie, hulle doen hul bes om jou te help. Om so gou as moontlik die taal aan te leer moet ‘n prioriteit vir jou wees, anders gaan jy nooit regtig kan in settle en aanpas nie. “Google Translate” is ons beste vriend hier om oor die weg te kom en om onsself te kan help met die taal. ‘n Belangrike ding waaraan ons gou gewoond aan moes raak is dat tussen 12:00-14:00 in die middae staan alles stil. Almal vat 2-ure ‘lunch break’ (siesta) en die winkels maak omtrent alles dan toe. Maandae is meeste winkels ook toe.

unnamed

Die Franse is baie erg oor hulle kos. Hulle hou meer van “fine dine”/ tappas as groot borde kos. By elke restaurant sal jy altyd brood en kraanwater (karaffe d’eau)  kry wanneer jy gaan sit. Die Franse eet brood byna elke ete, maar jy sal baie min oorgewig mense sien.

Suid-Afrika sal altyd ons huis bly. Al bly ons hoe lank hier, sal ons defnitief eendag teruggaan na ons eie land toe waar jy jou eie taal kan praat en jou familie naby jou is. Iets wat ek baie mis is om vir langnaweke/ vakansies by jou familie te wees, maar met die tegnologie deesdae help Skype/ Facetime jou om te voel of jy daar is. Dit is ongelooflik hoe jy iets wil hê as jy weet jy kan dit nie kry nie, soos Biltong, Rooibos Tee, Bovril, Zoo Cookies, Speckled Eggs en Beskuit. (Waar kan jy SA produkte in frankryk kry? Die Spens se online winkel)

 

unnamed-6

Ek en meeste van die ander vrouens hier het net ‘n visitor’s visa, dus mag ons nie hier werk nie. Meeste mense se oplossing is om met ‘n gesin te begin, want om hier kinders groot te maak sonder enige hulp in die huis is ‘n voltydse werk. Ons albei is nog baie jonk en ons wil eers die getroude lewe geniet en ek sal graag beter Frans wil praat voor ek in ‘n vreemde land die verantwoordelikheid van ‘n kind wil aanvat.

Om as pasgetroudes in ‘n vreemde land te kom bly, sonder enige iemand wat jy ken en niks wat bekend is nie, is ‘n groot uitdaging. Mens moet gou in ‘n roetine kom en mekaar se maniertjies vinnig leer ken om so gou as moontlik tuis te kan voel in jou eie huis. Ek moes vinnig leer hoe om ‘n huisvrou se take te bemeester en Johann moes vinnig sy ‘handyman skills’ opskerp, want hier doen mens alles self. Tensy jy die Franse taal wil aandurf om vir iemand te verduidelik watter hulp jy nodig het.

Ons bly minder as 4-ure, met die kar, van die Spaanse grens af. Dus was dit een van ons eerste twee plekke wat ons besoek het in Spanje. Ons was al in San Sebastain, Barcelona, Biarritz, Luchon, Nice en Monaco. Nice en Monacco was van my gunsteling plekke gewees/ Jy moet in die somer Nice besoek om die beste daaruit te kry! Ons volgende plek waantoe ons gaan is Parys en daarna sal ek nog baie graag Rome en Griekeland toe wil gaan.

Ek het Verbruikerswetenskap studeer wat onderandere Mode behels. Ek het vanaf Desember 2015 gewerk by ‘n aanlyn klere-maatskappy in Suid-Afrika, maar a.g.v die afstand het ek laasmaand opgehou daarmee. Ek het ook ‘n Nagraadse onderwys-sertifikaat en sal graag wil skool gee, sodra my Fraans beter is sal ek kyk om private Engelse klasse aan te bied. Tot dan is ek besig om te kyk vir iets anders wat ek kan doen om my te stimuleer.

unnamed-3My raad aan ‘n vrou wat Frankryk toe trek is dat jy moet oopkop wees en voorbereid moet wees vir die onbekende. Die taal maak alles net bietjie moeiliker omdat niemand jou verstaan nie. Mens sal dink almal kan darem bietjie Engels praat, maar veral in ‘n dorp soos Agen moet jy so gou as moontlik leer hoe om die taal te kan praat, anders gaan dinge nooit makliker raak nie. Dit is belangrik om besig te bly en iets te kry wat jou kan besig hou. Ek is baie lief vir oefen en gaan so 4-keer ‘n week gym toe of anders gaan stap/draf ek in die oggende. Oefen is baie belangrik om jou te forseer om elke dag uit die huis uit te kom.

Gaan besoek soveel plekke as moontlik en probeer om nie meer as eenkeer ‘n plek te besoek nie, daar is so baie mooi plekke om te sien. Geniet elke oomblik, want as jy weer sien is hierdie hoofstuk van jou lewe verby.

Baie dankie aan Mia vir haar insette oor haar lewe in Frakryk. Ek weet dat elke stukkie raad of ‘n ander perspektief die lewe as ‘n nuwe “huisvrou” vir iemand daar buite sal kan help om die aanpassing biekie makliker te maak. Asook die wete dat jy nie alleen is nie. Vir verdere inligting of as jy net jou storie wil deel, kontak my via email.

M*

New in Lifestyle

Share the Love